Pleidooi

Bouwer Bosch

Ek wil nie droom oor jou nie
Jy's gans te mooi
Ek wil nie waag om te praat nie
Jy's my pleidooi
Ek't nie die moed om
vir jou te baklei nie
Ek waai my wit vlag
en ek bid vir 'n beter dag

Het ons alweer die stryd begin
Tussen my en jou en ons
Het jy alweer jouself gevind
Jou hart verloor daar tussenin

Hoor my as ek sê
Ek verdien jou nie
Daar's nie 'n kans wat ek jou genoeg
Kan liefhê nie

Het ons alweer die stryd begin
Tussen my en jou en ons
Het jy alweer jouself gevind
Jou hart verloor daar tussenin
Daar tussenin x2

Lyrics Submitted by Johanna Jacobs

Lyrics provided by https://damnlyrics.com/