Loerie

Spoegwolf

Daar is ń loerie in die boom en ń meisie in die stroom, ja die middag het haar blond gemaak
Daar is ń bottel in my hand en ń bier in my hart ja die middag het my swaar gemaak
Kan ek jou kom sien
Ek dink ek ly my lewe lank aan swaartekrag

Daar is ń dier in jou kyk wat ń skaduwee kan eet
en die luite van my skedel steel.
So blyk jou lig my brein met jou lyfie gestain maak dit merke in my keel.

Kan ek jou kom sien?
Ek dink ek ly my lewe lank aan swaartekrag.
Ek gaan jou kom sien,
ek weet jy ly ook jou lewe lank aan swaartekrag.

Daar is ń spook in die boewe
wat by die stroom af spoel
ek hoor die monster van die see.
Ek gooi my boot op die rots
en my hart en my trots
wat in duine van jou hartseer.

Kan maar vir my kom sien
verdrink en ly
Ons lewens lank aan swaartekrag.
Liewe Here sien ons almal ly
ons lewens lank aan swaartekrag.

Liewe Here sien
ons almal ly ons lewens lank aan swaartekrag

Lyrics Submitted by Lisa

Lyrics provided by https://damnlyrics.com/