Flikker

Spoegwolf

Jy flikker uit die niet
Aan die kringe om my oë
As jy aan my koek
Om die donker se oor
Het die Here ons gehoor?
Het die Here ons gehoor?

Die kom van my sy
Uit die vonk van die pyn
As die heelal wil skiet
Is ons al gebind
Sal die Here my kan vind
As jy my kon vind?

Hoeveel ek
Jou voel in my
Hoog, dalk nog hoër
As Botswana se bome toe jy
My onder die gras nog kon kry

Sit jou bene in die lug
Kyk hoe diep hang die nag
Jy gaan dieper
In my hart

Die car-guard gisteraand
Het n aanval gekry
As ek als wat ek het
Vir sy kinders kon gee
Sou ek nog in jou kamer kon bly?
Is daar plek op jou kussing vir my?

Hoeveel ek
Jou voel in my
Hoog, dalk nog hoër
As die mense wat bo hom net kyk
As die dood soos n hond aan hom dreig

Sit jou bene in die lug
Kyk hoe diep hang die nag
Jy gaan dieper
In my hart

Sit jou bene in die lug
Kyk hoe diep hang die nag
Jy gaan dieper
In my hart

Lyrics Submitted by Derik

Lyrics provided by https://damnlyrics.com/