Donderweer Idees

Almero

ek het kleintyd gesukkel om
met my oë toe te bid
ek wou God in die oë kyk
as ek vra vir hulp
ek bekommer dat Jesus my eendag
sal bel
en ek sy oproep gaan mis
met my oor teen 'n skulp

bedaar my soekende kind
sal jou wandelende siel
ooit sy rusplek kan vind?

bedaar jou donderweer idees
die antwoord op alles gaan
jy nerens raak lees

ek wonder nog altyd of blindes
kan droom
of prente en beelde in
hul nagte vertoon

ek het ure kleintyd aan
'n sandkasteel gebou
net om te voel hoe dit
voel as dit onder
my voete vergaan

bedaar my soekende kind
sal jou wandelende siel
ooit sy rusplek kan vind?

bedaar jou donderweer idees
die antwoord op alles gaan
jy nerens raak lees

ek wonder of Noag gehou
het van reën
en of hy 'n sambreel by
sy buurman moes leen

Lyrics Submitted by Elbé du Plessis

Lyrics provided by https://damnlyrics.com/