As die ligte almal uit is
En die stilte sing speel net saam
En jy le en deel met die dinge in jou kop.
Wonder jy of ons alleen is
En wat ons ooit hier maak
En wanneer dit alles gaan stop.
En of jy eendag vergaan en wanneer jy eendag vergaan.
Wie ken jou naam, oh.
As die mense gaan lĂȘ het
En dis net jy wat nog staan
En jy vat die laaste sluk van jou dop.
Grafstil waar jy staan met jou kop wat verlangs dwaal.
Wonder jy hoekom dit jou hart is wat klop.
En of almal eendag weg gaan gaan
En wie vat jou dalk saam.
Ja, wie ken jou naam
Wie ken jou naam, oh.
Dis bitter hier, bitter seer nimmer fout
En die donker kom aangekruip en dis bitter koud.
En ek wonder of in die donker die maanlig skyn
As die son opkom as die son gaan sak as die son verdwyn
En ek sal nie stil gaan in die donker nie
Ek sal sing
Sal my nie in stilte kom haal nie
Ek sal sing
En ek sal nie my kop sak nie
Ek sal sing
En die wereld sal hoor en die wereld sal hoor.
Ek sal sing vir hulle wie vergeet het
Ek sal sing vir skare klein en groot
Ek sal sing van lewe en van lied
Ek sal sing van liefde en van dood
Ek sal sing in geboue van weelde
Ek sal sing tussen die karre in die straat
Ek sal sing vir die met nog drome
Ek sal sing vir die wat net daaroor praat
Ek sal sing vir die ou mense voor ons
Ek sal sing vir die kinders wat kom
Ek sal sing vir die breekers die geestes versteurders
Ek sal sing vir mense wat glo hulle is stom
Lyrics Submitted by Cj Du Preez
Lyrics provided by https://damnlyrics.com/