Dat Jy Myne Is

Joshua Na Die Reën

Jy hang vanaand jou hart in vrede se gang
met ons toekoms op jou mond
en jou oë op my gerig

ek dra die kis met al ons fotos wat lag
en die jare sal getuig van ons lewe se gedig

en al voel die pad vergete
in jou sien ek 'n rede
dat ek hier by jou moet wees

laat die vure brand
laat die storm kom
laat die vrede soos die wete wees
dat jy myne is

laat die vure brand
laat die storm kom
laat die vrede soos die wete wees
dat jy myne is

wie kan die see se duisend stories vertel
dis die diepte van jou siel
wat my lewens lank bekoor

jy sê die woorde wat my lippe verwag
met jou hande om my lyf
en jou hare agteroor

vir jou wil ek belowe
jy's deel van my verhale
saam met jou wil ek die lewe skryf

laat die vure brand
laat die storm kom
laat die vrede soos die wete wees
dat jy myne is

laat die vure brand
laat die storm kom
laat die vrede soos die wete wees
dat jy myne is

dis die wind se koers
wat my na jou toe dra
niemand kan my keer
om elke dag jou hart te vra

laat die vure brand
laat die storm kom
laat die vrede soos die wete wees

laat die vure brand
laat die storm kom
laat die vrede soos die wete wees

laat die vure brand
laat die storm kom
laat die vrede soos die wete wees
dat jy myne is

laat die vure brand
laat die storm kom
laat die vrede soos die wete wees
dat jy myne is

dat jy myne is

Lyrics provided by https://damnlyrics.com/