Sag, sag blink jou oë.
Uit jou gesig, gloei liefdes lig.
Knus, knus in my arms.
Heilig, veilig, warm.
Ek het jou nodig,
hier by my heeldag
die wêreld oorbodig.
Ons twee 'n taakmag niks kan ons keer.
Hy's in beheer, Hy's ons Leidsman, Stuurman, Weerman.
Sweef soos 'n arend, want Sy liefde dra ons so hoog
hoog bo die son.
Sweef soos 'n arend, so ver soos die wind waai my lief.
In die Here se krag.
Sprei, sprei maar jou vlerke.
Daar's steeds 'n band,
van hand na hand.
Maak, maak my jou toevlug,
roep my, soek my, spoedig.
Saam is ons alles,
leef ons uitbundig,
dit wat bedoel is.
Gee ons die beste niks kan ons keer.
Hy's in beheer, Hy's ons Leidsman, Stuurman, Weerman.
Sweef soos 'n arend, want Sy liefde dra ons so hoog
hoog bo die son.
Sweef soos 'n arend, so ver soos die wind waai my lief.
Dis liefde se mag.
Hoog bo die son.
Sweef soos 'n arend, so ver soos die wind waai my lief.
In die heerlike krag.
Sweef soos 'n arend, want Sy liefde dra ons so hoog
Hoog bo die son
Sweef soos 'n arend, so ver soos die wind waai my lief.
In Jesus se krag
Lyrics provided by https://damnlyrics.com/