Man Van Staal

Guillaume

Ek is 'n man
En ek is sterk
Al voel my wêreld net soos 'n tronk
Ek is hier, en hier is ek geplant
Sodat ek vir ons 'n huis kan bou my lief

Sien jy my vir wie ek is
Of lê jou hart ook oor oseane
In hierdie land sal ek vir jou bly werk
Sodat jy ook iewers hoort

Ek is jou man van staal
Ek dra jou op my hande
En ek lewe vir jou
Sodat jy na my kan kyk
En weet ek's mal oor jou
Ek is lief vir jou tot die ewigheid ons skei
En op die horison skryf ek my naam
En hoop jy sal my nooit vergeet
Solank jy by my bly
Sal ek vir altyd weet
Tot die uurglas breek
Bly ek jou man van staal

Hier in my hart voel ek nou goed
Want ek kan vashou aan al my drome
Saam met jou lê my lewe voor
Sodat ek in iets kan glo

Ek is jou man van staal
Ek dra jou op my hande
En ek lewe vir jou
Sodat jy na my kan kyk
En weet ek's mal oor jou
Ek is lief vir jou tot die ewigheid ons skei
En op die horison skryf ek my naam
En hoop jy sal my nooit vergeet
Solank jy by my bly
Sal ek vir altyd weet
Tot die uurglas breek
Bly ek jou man van staal

Hier binne my is iets wat ek wil sê
Wat al lank hier op my skouers lê
Vergeet van al die kwaad
En die lewe wat jy haat
En glo net meer in my

Ja, glo net meer in my

Lyrics provided by https://damnlyrics.com/