Ou Sontjie Saak Mos Weg

Randal Wicomb

Ou sontjie sak mos weg
Oe die sontjie sak mos weg
Ou sontjie sak mos weg
In die hoek van Bokveldsberg

Dit het ek geweet
Oe ja, dit het ek geweet
?
Dan sak jy my vergeet

Die lampie brand so klein
Oe die lampie brand so klein
Ma maak oop die venster
Dat die maanlig oor jou skyn

Witsakdoek se punt
Oe die witsakdoek se punt
Hoe nader aan die berg
Hoe minder waai die wind

Misbank oor die see
Oe die misbank oor die see
Bokkie gee jou sakdoek
Dat ek jou trane af kan vee

Rooi lappieskombers
Ja die rooi lappieskombers
Die droefheid en die traan
By die uitsit van die kers

Kelkie sonder voet
Oe die kelkie sonder voet
Toe lag ek oor my lippe
Maar ek huil in my gemoed
---
Lyrics submitted by Marisa H.

Lyrics provided by https://damnlyrics.com/