damnlyrics.com

As Musiek Begin Speel

Hulle sê ons moet glo

net soos die kinders

So is hierdie lewe dan net vir beginners?Seuntjies word manne

en gaan sit dan in 'n kroeg

en lyk moegMy seun, jy moet luister as ek vir jou sê

jy gaan eendag moet veg

met als wat jy hetSoms gaan jy voel

wat is die doel

Genoeg is genoegEk wil hê jy moet saam sing

as musiek begin speel

en dans in die somer se reën

En soek vir die reënboog

langs die pad, my skat

Hardloop in die see in met jou jeans aan

Kyk uit vir 'n meermin

en deel in gesprekke oor al die mooi plekke

langs die kus

Bly bewus van jouselfNet nie te veel nie

ook nie te min nie

Maar net nie te veel nieEk wil hê jy moet saam sing

as musiek begin speel

En dans in die somer se reën

En soek vir die reënboog

langs die pad, my skatEn as jy ooit voel

die lewe is net een groot gesuffer

reik jou hande uit en help 'n ander

met minder as jy

Gaan maak iemand bly

want dan sal jy

altyd kan saam sing

as die musiek begin speel

En dans in die somer se reën

En soek vir die reënboog

langs die pad, my skatHardloop die see in met jou jeans aan

Kyk uit vir 'n meermin

En as jy haar vind

is ek bly my kind

want ek weet

twee dromers is beter as eenek wil he jy moet saam sing

ek wil he jy moet saam sing

ek wil he jy moet saam sing

my kind

Song Discussions is protected by U.S. Patent 9401941. Other patents pending.

Enjoy the lyrics !!!