damnlyrics.com

Byt my

Op 'n plasie in die niet

Bly ou Sampie Servetiet

En hy vry met 'n tolla wat rym met 'n volla

met 'n lyfie soos 'n riet

Maar dis nie te laat nie

En hy reis skoon verniet

Dis 'n plaas met 'n baas karringmelk en kaas

en 'n lang ou kuilvoer mied

En sy sê byt my

Byt my aan my oor

Op die mieliesak in die stoor

Net voor ek moed verloor

En sy sê byt my

Byt my aan my oor

Op die mieliesak in die stoor

Net voor ek moed verloor

Toe word die twee toe een

Mmm jy weet mos wat ek meen

Die een volg die ander soos finkel en koljanner

sommer twee, twee op een been

Sy vrou moes die doeke leen

En bly heeldag op die been

Met 'n bottels en poppies en 'n allerhande

proppies in 'n krampwater sisteem

En sy sê byt my

Byt my aan my oor

Op die mieliesak in die stoor

Net voor ek moed verloor

En sy sê byt my

Byt my aan my oor

Op die mieliesak in die stoor

Net voor ek moed verloor

En sy anderhelfte stoel

Dis 'n wikkel en dit woel

Ja die rok word groot en rok word wyd

hy moet ver vat om te voel

Maar Sampie bly net koel

en hou maar net sy smoel

Want sê hy 'n woord breek sy akkoord

dan is hy die bleddie fool

En sy sê byt my

Byt my aan my oor

Op die mieliesak in die stoor

Net voor ek moed verloor

En sy sê byt my

Byt my aan my oor

Op die mieliesak in die stoor

Net voor ek moed verloor

Nou trek die tweetjies saam

Vir oorlewing en bestaan

En die kinders knibbel en die kinders knaag

en word af en toe vermaan

Maar Sampie wou oorslaan

Na 'n ander kleur van faam

Hy knyp nou die kat dat die spoeg so spat

in die wit lig van die maan

En sy sê byt my

Byt my aan my oor

Op die mieliesak in die stoor

Net voor ek moed verloor

En sy sê byt my

Byt my aan my oor

Op die mieliesak in die stoor

Net voor ek moed verloor

Enjoy the lyrics !!!