damnlyrics.com

Eendag

Trots skryf met bloed aan die wêreldkronieke

want die slag om Utopia gaan voort

die maag word gevul met debat en replieke

en al pratende pleeg mense moord

verkeerd lyk so reg en die erns is laf

en die waarheid klink net soos die leuen

maar sou 'n kind vra waarop stuur dit tog af

wat antwoord die pa dan die seun

eendag word honger gestil

word profesieë vervul

sal die bloed eindelik stol

kom die saak op die rol

eendag eendag word die onreg gewreek

eendag eendag word die boeie verbreek

en eendag sal kom sê vir hom

en eendag sal kom

maar amptelik word manke en krinke besteel

en pro deo kry die wyse n sot

want wat sleg is is reg

en wat reg is moet weg

en vyf jaarliks stem elk vir sy god

want elkeen moet stem of sy rug voel die lem

vir 'n leeu of 'n buffel of vark

want almal vaar mee

oor 'n kleurlose see

in 'n nuwe verkromde ou ark

maar eendag word honger gestil

word profesieë vervul

sal die bloed eindelik stol

kom die saak op die rol

eendag eendag word die onreg gewreek

eendag eendag word die boeie verbreek

en eendag sal kom sê vir hom

en eendag sal kom

eendag eendag

eendag eendag

en eendag sal kom

Lyrics Submitted by Jannie Lombard

Enjoy the lyrics !!!