damnlyrics.com

Ek Sal Nie Bang Wees Nie

Hy wat in die skadu van die Allerhoogste sit

in die geheime plek

Sal vir God kan se:U is my bergvesting

My toevlug op wie ek vertrouWant U, U sal my kom haal

Uit diepste donker plekke waar ek

Omring word deur die doodsgevaar, ja U

Vlerke vou my toe

Onder U troue vleuels vind ek my skuiling

U vere is my skild, my bevryding

Ek sal nie bang wees nie

Vir die onheil in die nag

Of verwoesting in die dag

Ek sal nie bang wees nie

Al val 'n duisend aan my sy

Of tienduisend hier langs my

Ek sal nie bang wees nieEn hier kruip ek weg

In die hoogtes by die Hoogste

Alles veilig in U hand

Buite die bereik van die vyand en sy magte

Omring deur engele aan elke kantWant U, U laat my dra

Veilig oor alles wat verskeur, vergiftig

U vergruis elke aanval wat op my gerig is

Ek sal nie bang wees nie

Vir die onheil in die nag

Of verwoesting in die dag

Ek sal nie bang wees nie

Al val 'n duisend aan my sy

Of tienduisend hier langs my

Ek sal nie bang wees nieU sal my red omdat U weet hoeveel ek U liefhet

Omdat ek in alles op U vertrou sal U my veilig in die hoogtes hou

En wanneer ek weer die pad verloor sal U elke keer my noodkreet hoor

My verwoesting sal U elke keer keer

En vir altyd my met U redding eerEk sal nie bang wees nie

Vir die onheil in die nag

Of verwoesting in die dag

Ek sal nie bang wees nie

Al val 'n duisend aan my sy

Of tienduisend hier langs my

Ek sal nie bang wees nie

Enjoy the lyrics !!!