damnlyrics.com

Ek Soek

Ek soek nou al lank genoeg

vir iemand wat net iets aan my hart kan doen

so ek stuur my lysie uit

Kom ons sien wat die wêreld terug stuur vir my

Ek soek iemand om my uit te daag

Iemand wat ook blindeliks deur die lewe jaag

Ek soek lekker lag en lekker speel

Iemand wat geluk en hartseer met my deel

Ek soek daai vonke

Ek soek lag tot ons val, gesels reg deur die aand

Soen in die reën en dans onder die maan

Soek altyd nog een soen

Soek iemand wat simpel goed saam my doen

Ek soek laf wees, mal wees, baie lag

Ek soek iemand sterk maar iemand sag

Maar wat ek die graagste sal wil kry,

Is iemand wat ook lief is vir my

Almal sê jy vind haar as jy ophou soek

So wêreld ek sit terug jy kan maar jou ding doen

Solank sy ook heel naweek in die bed wil bly

Pizza eet, pejamas dra en movies kyk, yeah

Ek soek daai vonke

Ek soek lag tot ons val, gesels reg deur die aand

Soen in die reën en dans onder die maan

Soek altyd nog een soen

Soek iemand wat simpel goed saam my doen

Ek soek laf wees, mal wees, baie lag

Ek soek iemand sterk maar iemand sag

Maar iemand wat ek die graagste sal wil kry,

Is iemand wat ook lief is vir my

Iemand wat wil bly vir die lang pad

Iemand wat die donker kan wegvat

Iemand vir n eensame hart

Ek soek lag tot ons val, gesels reg deur die aand

Soen in die reën en dans onder die maan

Soek altyd nog een soen

Soek iemand wat simpel goed saam my doen

Ek soek laf wees, mal wees, baie lag

Ek soek iemand sterk maar iemand sag

Maar wat ek die graagste sal wil kry,

Is iemand.....

Ek soek lag tot ons val, gesels reg deur die aand

Soen in die reën en dans onder die maan

Soek altyd nog een soen

Soek iemand wat simpel goed saam my doen

Ek soek laf wees, mal wees, baie lag

Ek soek iemand sterk maar iemand sag

Maar wat ek die graagste sal wil kry,

Is iemand wat ook lief is vir my

Iemand wat ook lief is vir my

Lyrics Submitted by Piet

Enjoy the lyrics !!!