damnlyrics.com

Elandsbaai

Elandsbaai

Daars n klein vissersdorpie teen die see langs n oer ou spokies meer en spierwit duinesand

Waar die branders aangerol kom teen die rotse en die strand en die kinders in die sonskyn rondbaljaar

Waar n henngelaar van vroeg af sy geluk weer kom probeer en n paartjie skryf hul liefde in die sand

en eenkant weer n stokou visserskuitjie teen die wind

En ek weet ek het myself weer hier gevind

Koor:

Elandsbaai waar n haan vroeg soggends kraai en n seemeeu heeldag draai op n suidooste wind

Elandsbaai waar die oggendmis se dou na n sterrenag se kou weer nuwe lewe bring

My hart le daar

Op Elandsbaai

Daar kan ek in die oggend in die ligte briesie dwaal my gedagtes met die branders deel

Ek kan droom van my drome nuwe lugkastele bou en soos n kindjie op die strand rondspeel

Dis my klein paradysie in my sukkelmens bestaan waar my lewenspaadjie vrolik vir my wag

Dis my klein Westersdorpie in die Sandveld kontrei

Dis waar jy my altyd weer sal vind

Koor x3

Lyrics Submitted by Dave

Enjoy the lyrics !!!