damnlyrics.com

Engel

Ek het vriende wat ek sien

Ek is verslaaf aan nikotien

Ek hou van karre wat kan ry

Ek huil gewoonlik as ek baklei

Ek het gedink dat dit sou reen

Toe word ek stil en wag alleen

Tot jy kom klop het

Aan my deurEk het n dak bo-oor my kop

En in die winter like ek sop

Ek raak benoud wanneer jy luister

Net soos wanneer mense fluister

Ek wonder of jy sal onthou

Dat jou woorde aan my klou

As jy my insluk sonder om te kouSo ek skree 'n song vir jou my my lief

Bly nog n rukkie asseblief

Want as ek sing dan sing jy saam

In 'n droom roep ek jou naamEk is so dronk soos Koos Kombuis

Daar is geen swembad by my huis

My sussie bly in Potchefstroom

Die mense daar rook almal boom

Vier seisoene in jou traan

Hou my vas wanneer jy gaan

En ek weer alleen hier staan

Enjoy the lyrics !!!