damnlyrics.com

Fluister

Die mure tussen jou en my het ore

En hoor al die geheime wat ons hou

'n Doolhof vol van harte lank verlore

Die mure tussen my en jou

Die seer tussen my en jou is dieper

Dieper as die drome in jou oë

Maar die liefde wat ons harte bymekaar hou

Is n boot

Dit hou my bo

So droog jou trane af ek luister

Sing jou lied vir my ek hoor

Sing so sag dat selfs die engel Nader skuif

Sê jy's lief vir my maar fluister

Dit in my oor

Die hartstog tussen my en jou is groter

Groter as wat ek ooit kan beheer

Die beste deel van liefde is die soektog

Maar die grootste deel van liefde is die seer

So droog jou trane af ek luister

Sing jou lied vir my ek hoor

Sing so sag dat selfs die engel

nader skuif

Sê jy's lief vir my maar fluister

Dit in my oor

Lyrics Submitted by The Great Gatsby

Enjoy the lyrics !!!