damnlyrics.com

Jammer Om Te Hoor

Ek hoor Faan beklee 'n nuwe posisie

Hy is nou Meneer Ondernemer

'n Company-kar gekry, ja koelHy ry met 'n lykswa rondEk hoor Anna't nog 'n kind gekry

En Simon haar man soek nog steeds 'n job

Nou tel hy sy kinders oor 'n bottel bier

Daar's nou ses in plaas van vyf om na te kykJammer om te hoor

Sê, jammer om te hoor

So dink ek by myself

Terwyl ek in die rook

Van die lorrie voor my ry

Jammer om te hoor

Sê, jammer om te hoor

Ek voel nou sommer goor

Ek hoor George is op sy voete gehelp

Die bank het sy kar onder hom uit kom vat

Die dak oor sy kop het ook saam gegaan

Gelukkig is George nog daarEk hoor Nellie het 'n shrink gaan sien

Iemand wat haar loskoppie kan red

En net toe sy weer bietjie son kon sien

Toe skiet die shrink homself doodJammer om te hoor

Sê, jammer om te hoor

So dink ek by myself

Terwyl ek in die rook

Van die lorrie voor my ry

Jammer om te hoor

Sê, jammer om te hoor

Ek voel nou sommer goor

Jammer om te hoor

Sê, jammer om te hoor

So dink ek by myself

Terwyl ek in die rook

Van die lorrie voor my ry

Jammer om te hoor

Sê, jammer om te hoor

Ek voel nou sommer goor

Ek voel nou sommer goor

Ek voel nou rerig goor

Song Discussions is protected by U.S. Patent 9401941. Other patents pending.

Enjoy the lyrics !!!