damnlyrics.com

Karoonag (feat. Coenie de Villiers)

As die nag sy baadjie toeknoop oor die veld

en die diereriem sy blink tot teen die skerpioen laat lê;

as die tweeling en die kreef

kotteljons oor Beaufort-Wes

en die maan sy beker skink oor Graaff-ReinetRuik jy katbos en kambro

as dit reën in die Kleinkaroo

My hantamwind

My optelkind

vanaandRuik jy katbos en kambro

as dit reën in die Kleinkaroo

My hantamwind

My optelkind

vanaand, hier vanaandIn die môre as dit blou word

en die amber wolke roer as die son sy eerste lig

oor die bitterboela stoot;

as die trein by Noupoort fluit

en dit wegraak in die wind

en 'n tolbos iewers vaswaai teen die rantRuik jy katbos en kambro

as dit reën in die Kleinkaroo

My hantamwind

My optelkind

vanaandRuik jy katbos en ruik jy kambro

as dit reën in die Kleinkaroo

My hantamwind

My optelkind

vanaand, hier vanaandRuik jy katbos en ruik jy kambro

as dit reën in die Kleinkaroo

My hantamwind

My optelkind

vanaandRuik jy katbos en ruik jy kambro

as dit reën in die Kleinkaroo

My hantamwind

My optelkind

vanaand, by my vanaand

Song Discussions is protected by U.S. Patent 9401941. Other patents pending.

Enjoy the lyrics !!!