damnlyrics.com

Liefde Uit Die Oudedoos (feat. Neil Sandilands)

Liefde Uit Die Oudedoos lyrics - Karen Zoid & Neil Sandilands

Ek wil lewe in jou skaduwee, ek wil jou blik oor alles voel

Elke oggend as die son opkom, oor my bed en kas en stoel

Ek wil weet net wie en wat jy is, ek wil jou fyn maal op die wal

Ek wil jou rook soos goeie kruie uit die diepste, diepste dal

Ek wil jou dophou as jy luister na die woorde van matrose

Ek wil saamgaan op jou strooptog, ek wil deel in jou psigose

Kuns is edel, kuns is boos, kuns is nogtans skadeloosKind van sonde, kind van troos, kind van Liefde uit die Oudedoos

Liefde uit die Oudedoos, Liefde uit die Oude - oudedoos

Dis 'n bitterbessie dagbreek, dis 'n uitroep komma-punt

Mabalel is huistoe, want sy mis haar eie kind

Ek wens ek kon jou teken met 'n koukie of 'n kwas

Ek wens ek kon onthou hoekom ek so bewerig was

Ek wens ek kon jou oopskryf, met my balpunt pen behaag

Ek wens ons kon saam wakker word in 'n youth hostel in PraagGod is edel, God is boos, God is nogtans skadeloos

Kind van sonde, kind van troos, kind van Liefde uit die Oudedoos

Liefde uit die Oudedoos, oooooooooooohhhhhhh, Liefde uit die Oude - oudedoos,

Liefde uit die Oudedoos, Liefde uit die Oude - oudedoos

Ek wil jou rondwys in my hart, Elke vloer en elke plafon

Ek sien jou bibber in die koue, maar daars nog son op die balkonKuns is edel, kuns is boos, kuns is nogtans skadeloos

Kind van sonde, kind van troos, kind van Liefde uit die Oudedoos

Liefde uit die Oudedoos, Liefde uit die Oude - oudedoos

Liefde uit die Oudedoos, Liefde uit die Oude - oudedoos

Liefde uit die Oudedoos, Liefde uit die Oude - oudedoos

Song Discussions is protected by U.S. Patent 9401941. Other patents pending.

Enjoy the lyrics !!!