damnlyrics.com

Middelburg

MIDDELBURG

1. "Vat jy die lang pad na die Noorde aan

Moet jy deur Middelburg en sy Hartland gaan.

Omarm deur buurdorpe en die groot wateraar.

Hoor jy die klop van die Hantamhart daar.

Refrein: "Weet jy hoe stil kan dit wees as die aand gaan le.

Die sterre wit oopbreek en Kompasberg nag-se.

Die na-nag doekvoet oor die vlaktes sluip.

Sal Middelburg soos 'n kind in jou hart kom kruip.

Ja, soos 'n laatlamkind in jou hart kom kruip.

2. "Kom le swartryp-nagte koud teen jou lyf en

olienhoutkole trek hulle asvelle styf.

Staan turksvy, garingboom en soutbossies daar

waar die springbokke pronk en die ribbokke baljaar.

3. "As die somerson se verhemelte bloedrooi oopskeur,

Merino's en Angora na mekaar se skadu's beur.

Word garingdraad gespin en sybokhaar geweef en teen

die aand by die Vlei brand die braaivleisvuur.

4. "Sag soos die lied van die herfsreen daar suiwer

akkoorde op die Hantamsnaar, my hart vat die pad

na Rhenosterbergrant waar die gannabos groei

en 'n swartstoof nog brand.

Erkenning: Liriek: Kowie Rossouw. Komponis: Randall Wicomb

Lyrics Submitted by Middelburg Karoo Tourism

Enjoy the lyrics !!!