Woorde kom na my toe as jy slaap
En my arm lam maak.
Dink jy jy sal nog een keer al daai goedjies uit jou tas pak
En my laat voel laat ek ook saak maak.
Dis nie lekker om vir jou bye te sê nie,
Dis nie wat ek wil he nie.
Ek dink ek sal dalk vir die heledag net in jou oë kan staar
Indien jy my toe sou laat.
Wat as ek van jou muur af vlek,
Ek sal my voete vir jou rou stap,
Ek sal my oë ook vir jou blind maak
Solank jy net daardie laaste soen
Vir my alleen sal uit hou
Sal ek daai sirkel met my hande bou.
Dis nie lekker om vir jou bye te sê nie,
Dis nie wat ek wil he nie.
Ek dink ek sal dalk vir die heledag net in jou oë kan staar
Indien jy my toe sou laat.
Kan ons nou maar ons kanse waag
Ons het niks om te verloor nie
Behalwe een miljoen stories.
Weet jy dat wanneer jy aan my vat
Jy die gevoel van n huis skep,
En my lewe oor en oor red.
Dis nie lekker om vir jou bye te sê nie
Dis nie wat ek wil he nie
Ek dink ek sal dalk vir die heledag net in jou oe kan staar
Indien jy my toe sou laat.
Woorde kom na my toe
As jy slaap en my arm lam maak.
Lyrics Submitted by Arne Martin