damnlyrics.com

Vir Pa

VIR PA - MANIE JACKSON

Pappa, die lied is ons verlangende boodskap na jou,

En ek weet dat Pa dit daarbo in die Hemel sal kan hoor,

En wees verseker dat ons Pa in ons harte sal hou,

Tot ons dit eendag sal saamsing in die engelekoor.

Pa, jy moes gaan, toe ons jou nog hier wou hou,

Pa, ons laat nou los, want ons weet waar is jy nou.

Pa, dankien vir alles, jy’t ons met stille liefde omvou.

Pappa, hierdie liedjie is vir jou.

As kind het jy my gedra toe ek nie kon loop,

My geleer om later my eie man te staan,

My gegee wat geen geld ooit kan koop.

Dankie Pa, dat jy altyd kon verstaan.

Pa, jou stem is nou stil,

Maar ons hoor nogsteeds jou lag,

Pa, jou stoel is leeg, maar jy’s nog by ons elke dag.

Pa, jy’s lankal weg, maar waak steeds oor ons in die nag,

En ons weet dat jy vir ons sal wag.

Jy’t ons geleer hoe om te lewe,

En om altyd na ander uit te reik,

Hoe om na liedesgeluk te strewe,

En om tesame, nooit, ooit terug te kyk.

Pa, by Jesus is jy nou.

Dit laat ons met groot verlange,

Pa, maar dit sê ek jou,

Jou stap weerklink nog in ons gange.

Pa, ons weet met vertroue,

Eendag deel ons weer in die gesange,

So, Pappa, hierdie liedjie is vir jou

Ja, Pappa, hierdie liedjie is vir jou.

Lyrics Submitted by Marietjie Van Niekerk

Enjoy the lyrics !!!