DamnLyrics - The center provides all the lyrics

Een Tree - Cathy Viljoen



     
Page format: Left Center Right
Direct link:
BB code:
Embed:

Een Tree Lyrics


Een Tree Gesing deur Cathy Viljoen.
Sy was net te jonk gewees om alleen die weg te baan.
Die toekoms so onseker, niemand het verstaan.
In wanhoop neem sy ñ besluit, het sy maar net geweet van al die pyn en selfverwyt, leemte en die leed.
(Koor x1)
Maar sou ek een tree in haar plek kon gee?
Om besluite te neem sonder hulp ooit verleen.
As ek vir ñ wyle in haar plek moes staan, O, dan wonder ek weer of sou ek een tree in haar plek kon gee.
Sy het baie lief gehad.
Met haar hele hart als gegee en tog is sy in die steek gelaat.
Pleks van oordeel as ons net na haar geluister het was sy vandag miskien van hierdie wanhoopsdaad gered.
(Koor x1)
Maar sou ek een tree in haar plek kon gee?
Om besluite te neem sonder hulp ooit verleen.

As ek vir ñ wyle in haar plek moes staan, O, dan wonder ek weer of sou ek een tree in haar plek kon gee.
Die straf wat vir ons vrede bring het Hy vir ons gedra.
Vir jou en my en ook vir haar het Hy die smaad verdra.
Toe sy haar hart vir Jesus gee, is sy met God versoen.
Wie is ek en jy dan nou om haar te wil verdoem?
(Koor x1)
Maar sou ek een tree in haar plek kon gee?
Om besluite te neem sonder hulp ooit verleen.
As ek vir ñ wyle in haar plek moes staan, O, dan wonder ek weer of sou ek een tree in haar plek kon gee.
O, dan wonder ek weer of sou ek een tree in haar plek kon gee.
Lyrics Submitted by Monica Myburgh

Enjoy the lyrics !!!