damnlyrics.com

Elektriese Kind

Elektriese kind

Ek is brawer

As wat jy dink

Ek het dan saam my broers geloop

Tot by die verste, verste punt

Dit was baie naby aan jou

O, die winde kan my waai

Wel, ek sweer

Ek sal hier lê

Geen watertong sal my kan sluk nie

Geen wederkoms kan my ruk nie

Nie as jy langs my sit nie

Sit jy net daai vinger

Elke nou en dan op my voorkop

Jy kan die Kersfees liggies

Deur my oë klop

My oë klop, ja jy

Kan my lewendig skok.

O, elektriese kind

Ja, vir jou

Is ek nie bang nie

Hierdie bibber hou nie lank nie

Dis net die hakkel in my long

Dit mag dalk lyk asof ek snik

Wel, ek versker jou

Dis nie dit nie (dis nie dit nie)

Sit jy net daai vinger

Elke nou en dan op my voorkop

Jy kan die Kersfees liggies

Deur my oë klop

My oë klop, ja, jy

Kan my lewendig skok.

Jou kop op my bors

Is n dodelike bom

Jou kop op my bors

Is n dodelike bom

Jou kop op my bors

Is n dodelike bom

Jou kop op my bors

Is n dodelike bom

Lyrics Submitted by Derik

Enjoy the lyrics !!!