Hartseer - Sias Reinecke
| Page format: |
Hartseer Lyrics
Hartseer
Hartseer het begin:
’n somber harmonie van liede ongesing
my droom stap malhuis
met skelle kleur wat lossies hang
eenrigting loop my straat.
Hartseer is die naam:
’n blou ballade wat vererger met die faam
die groot verlange wys my wense was beskaam,
begeerte dra die blaam.
Hartseer in ’n glas
hallusinerend oor wat liefde is of was
drink ek die bitter brousel liefde
maar, helaas,
liefde verlore breek die glas.
Jy was meer vir my
as al my drome
jy was liefde, jy was vry:
so vry soos kinders
en soos kinders maak, het jy
een dag ook weggegaan van my:
ek jaag na drome.
Hartseer, nuut ontgin:
ek tel, verloor sekondes,
tel die lag gewin:
en sien die bittersoet
wat weer die glas vol tap
as mense tref en trap.
Hartseer agter glas:
ek dink aan allles wat
die lewe is of was:
ek’s nie die eerste wat verloor nie
maar helaas,
liefdesontploffing, stukkies glas.
Herhaal koor.
Lyrics Submitted by Meyer van Rensburg