Kyk Na Die Lam - Jan De Wet



     
Page format: Left Center Right
Direct link:
BB code:
Embed:

Kyk Na Die Lam Lyrics


Ons was oppad na Jerusalem
Om die Paasofferfeesby te woon.
My twee jong seuns was by my
met die opdrag om te waak
en te sorg dat die lam nie weg sou raak.
“Sê ons Pappie,wat gaan ons daar sien?
Daar is soveel wat ons nie verstaan.”
Toe vertel ek hul van Israel en Moses en Abraham
En sê: “Liewe kinders,kyk, na die lam.
Want daar is soveel mense in Jerusalem vandag.
Ons sal die lam moet oppas tot die priesters hom kan slag.
Toe vertel ek hul van Moses en van vader Abraham
En sê: “My liewe kinders,kyk, na die lam.
Toe ons die stad bereik, het ek besef daar is iets verkeerd…
Daar was ‘n somber atmosfeer;die feesvreugde het ontbreek.

‘n Skare het malend voor Pilatus saamgedrom,
En soos een man woedend uitgeskree:“Kruisig Hom!"
Ek gryp toe my twee bang kinders,om die stad gou te verlaat,
maar ons was vasgevang in die maling in die straat.
Waarom moes met Paasfees so ‘n ding gebeur?
Waarom hierdie oproer, kon niemand dit dan keer?
Skielik toe ek kyk sien ék drie manne kom.
Die eerste een smeek om genade,maar almal lag vir hom.
Die tweede man was tartend, hy vloek en skel half mal.
Ek hoor nou nog hoe hard hy brul, toe die sweepslae op hom val.
Ek hoor iemand sê: “Daar is Jesus.”
Ek kon my oë skaars glo.
‘n Man so erg gemartel;
die dood was in sy oë.
Die bloed vloei uit sy sere van die dorings op sy hoof.
Deur sy bloeddeurdrenkte klere, sien ek sy rug is oopgekloof.
Ek sien Hom toe hy vooroorval en die kruis Hom grond toe dwing.
Die skare jul en skree half mal, want Sy kragte gee toe in.
Op daardie oomblik wou ek Hom ophelp; wou ek my meegevoel net wys.
Toe gryp ‘n Romeinse soldaat my arm en skree:“Jy! Jy dra die kruis!”
Ek het eers geweier, maar toe dreig hy my weer.
Toe neem ek die bloedbesmeerde kruis van die skouers van die Heer.
Ek dra die kruis toe verdernwaaraan Hy moes gaan hang.
Die bloed wat Hy gestort het, het gedrup oor my wang.
Hulle lei Hom toe na Golgota, waar hulle spykers deur Sy hande dryf.
Ek hoor Hom bid: “Vergeef hul dit”, later aan die kruis.
Sy oë het gestraal van liefde. O, sy deernis was so groot.
“Vader in U hand gee ek my Gees oor”, het Hy gesê … en toe’s Hy dood.
Dit was net soos ‘n nare droom waaruit ek wakker skrik.
Want skielik voel ek twee klein handjies wat aan my klere pluk.
My kinders wat in trane; geskok en diep geraak.
Vader asseblief vergewe ons, die lam het weggeraak.
“Pappie, pappie, wat het ons gesien?
Wat het als gebeur en wie is daardie man?
Toe neem ek hul in my arms en toe draai ons om na die kruis.
En ek sê: “Liewe kinders, kyk, na die Lam…”
Lyrics Submitted by Frikkie

Enjoy the lyrics !!!