damnlyrics.com

Syn

Dan woon ons in n boomhuis

Alleen

En as dit reën sal ek

Op die dak gaan staan

En elke druppel vang vir jou

In n blou keteltjie

Vrou, weet jy nie

Ons moet deur hierdie kom

Selfs met n hartseer glimlag

Dan nooi ons al ons vriende

Om te trou

Ek dink ek het een of twee

Maar die vloer is lendelam

En hierdie mense

Maak my eintlik net bang

Hei! Staan stil

Vir een sekonde

Mamma, kyk na my wonde

Dis nie wonde nie, my kind

Jy ma dalk net so dink

Maar baie meer het al

Baie meer verloor

As ek haar meer kon mis

Het ek gedisintegreer

Jy weet ek kan dalk arm bly

Ek sit vas in verlede tyd

Maar jy bly my by

Jy sleep my langs saam

Tot jou slaap

Met my hart tot op jou

Oor

Ek weet hys dood

Maar hy praat met my

En daars krake

Op die vensters van my oë

Wat de fok?

Is dit jy wat daar skuil

In die koelte van my

Syn

Hei! Staan stil

Vir een sekonde

Mamma, kyk na my wonde

Dis nie wonde nie, my kind

Jy ma dalk net so dink

Maar baie meer het al

Baie meer verloor

As ek haar meer kon mis

Het ek gedisintegreer

Lyrics Submitted by Derik

Enjoy the lyrics !!!