DamnLyrics - The center provides all the lyrics

Wouter Kabouter - Carike Keuzenkamp



     
Page format: Left Center Right
Direct link:
BB code:
Embed:

Wouter Kabouter Lyrics


Wouter Kabouter had ’n blink kasteel
waar die duiwe roep en die apies speel
maar Wouter Kabouter wou ’n ryperd hê
om om die plek te sien waar die son
gaan lê
Wouter Kabouter het ’n perd gekoop
wat trippe-trap op die langpad loop
maar die langstertperd het hom afgesmyt
en Wouter Kabouter het die stof gebyt
Refrein:
Want waar slaap die son?
Waar gaan hy staan?
Waar is die plek waar die son ondergaan?
Wouter Kabouter lê plat in die pad
en hy huil hom sat dat die trane spat
maar hy kyk toe op na die riffelpad
en daar kom sy maat Kerneels die kat

Kerneels die Kat wil toe sommer weet
wat die rede is vir kabouterleed
en Wouter sê ek wou gaan kyk
hoe dit anderkant die berge lyk
Refrein
Die kat sê toe, jy’s baie laf
man slaan die stof van jou klere af
klim op my rug en kom ons ry
om die antwoord op jou vraag te kry
Die twee trek weg dat die stof so staan
in die pad wat om die wêreld gaan
Oor elke land en elke see
en die son gaan mee en die son gaan mee
Refrein
Hulle kom toe uit by ’n blink kasteel
waar die duiwe roep en die apies speel
en daar is die nes van die son ontdek
op Wouter Kabouter se eie plek
Refrein: Want daar slaap die son
Daar gaan hy staan
Daar is die plek waar die son ondergaan…
Lyrics Submitted by Wanja

Enjoy the lyrics !!!