Klein Tambotieboom - Die Heuwels Fantasties
Page format: | ![]() ![]() ![]() |
Klein Tambotieboom Lyrics
As die donker my kom haal
En die here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan
En in 'n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die BosveldhorisonJy het nie 'n graad nie
En jy het nie 'n kredietkaart nodig nie
Om in die agterplaas soos 'n kind te baljaar
En die verte in van 'n krans af te staarDie gelukkigste wat ek ooit was
Op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam
En deur die bottels wat knak hoor ek 'n skaterlagAs die donker my kom haal
En die here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan
En in 'n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die BosveldhorisonGeïsoleer in donderweer
Ver van die wolkekrabbers
Net die atmosfeer wat aan ons kleef
En 'n wolkbreuk wat my boekdeel spreek
Jy weet ek het nie
Ek het nie 'n agenda nieDie gelukkigste wat ek ooit was
Op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam
En deur die bottels wat knak hoor ek 'n skaterlagAs die donker my kom haal
En die here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan
En in 'n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die Bosveldhorison
En strooi my as oor die Bosveldhorison


More lyrics by Die Heuwels Fantasties
